Die Afrikaner Broederbond is in 1918 gestig deur ʼn groep Afrikanermans wat ingesluit het die pa van Beyers Naudé. Dit was bekend as ʼn kultuurorganisasie, maar het altyd maar politieke oogmerke gehad. Die organisasie se missie was om eenheid onder Afrikaners te bewerkstellig, en hulle welvaart te bevorder. Hulle het daarin geslaag.