top of page

Reaksie op: Tim: Ek luister liewer na Clem Sunter as na dié konserwatiewe koor

Tim du Plessis was een van die wysgere wat Afrikaners oortuig het om FW de Klerk te volg. Vandag hammer hy steeds op dieselfde tema (en ideologie), ongeag die duidelik vernietigingende gevolge, die onontkenbare rasse - en kulturele diskriminasie waaraan Afrikaners onderwerp word. Net soos Theuns Eloff en vele ander "broeders van Wim de Klerk." Dit het tyd geword vir Afrikaners om hierdie "wysgere van die volk" te sien wat wie hulle is, en te besef dat hulle 'n eie agenda dien, en dat die werklike belange van Afrikaners gevind sal moet word in oplossings waarby hierdie mense, met hulle bewese geskiedenis van mislukking en vernietiging, nie betrek word nie. Geeneen van Clem Sunter se sogenaamde "scenario’s" was bewaarheid nie; dit was van die begin af 'n gerraaiery, verkuil as "wetenskap", gemik op 'n bevordering van 'n linkse agenda wat die belange van die destydse oligargie se drang na meer-en-meer rykdom te bevorder. So, ek luister liewer na wat my eie oë gesien en ekself die afgelope 32 jaar ervaar het, as na Tim du Plessis of een van hierdie ooms wat nog steeds vir my wil preek oor vernietiging, terwyl hulle "oplossings" die rede was vir die vernietiging waarmee ek vandag moet saamleef.


Tim: Ek luister liewer na Clem Sunter as na dié konserwatiewe koor.




Prentjiebron: 123RF

Comments


Frans Minnaar © Kopiereg. 2026. All regte voorbehou.

Lees asseblief die webwerf se gebruiksvoorwaardes. Indien u nie daarin instem nie, verlaat asseblief die webwerf sonder veredere gebruik.

Die privaatheid van u persoonlike inligting in die gebruik van die webwerf kan kan gelees word deur op die skakel hieronder te klik.

bottom of page