Het u al ooit gehoor van ʼn staatsvorm bekend as ʼn oligargie? Demokrasie, totalitarisme, kommunisme, sosialisme, kapitalisme is bekende begrippe waarmee enige terloopse politieke waarnemer bekend is, maar oligargie is minder algemeen. Die begrip ‘oligargie’ staan egter sentraal tot hierdie Kommentaar, daarom ag ek dit die moeite werd om dit vlugtig te verduidelik en te definieer.