Hervorming van die Verenigde Nasies: Die verskuilde agenda
- Frans Minnaar

- 2 days ago
- 11 min read
Ek weet nie waar hierdie obsessie met die sogenaamde hervorming van duie Verenigde Nasies vandaan kom nie. In teorie kan ek wel verstaan dat die argument is dat die Verenigde Nasies saamgestel, of dan georganiseer, was na die beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog, en dat dit nou uitgedien is, want die werklikhede in die wêreld het verander.
Dit is die argument, ja, maar nie noodwendig die statistiese werklikheid nie. Eintlik het die magsbalans binne die kring van dominante moondhede in die wêreld verskuif, eerder as tussen moondhede. Die uitsonderings is Indië wat ontwikkel het tot ʼn supermoondheid, Rusland wat verval het tot buite die definisie van ʼn supermoondheid, Japan en Duitsland wat hulle van hulle sondes van die Tweede Wêreldoorlog bekker het, en vandag weer hulle regmatige plekke ingeneem het as wêreldmoondheid, en Sjina wat geweldig in rykdom en mag toegeneem het. Maar Sjina was sedert 1945 in elk geval ʼn permanente lid van die Verenigde Nasies se veiligheidsraad. Met ander woorde, dit is dieselfde invloedsjere en dieselfde moondheid wat steeds maar die wêreld domineer.
Daar is ses primêre strukture in die Verenigde Nasies, naamlik die Algemene Vergadering, die Veiligheidsraad, die Trusteeskapraad, die Internasionale Ekonomiese en Maatskaplike Raad, die Internasionale Geregshof en die Sekretariaat. Van hierdie liggame, is die Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad die mees prominente, en ook waaroor die geveg gaan.
Die handves van die Verenigde Nasies is die dokument wat uiteensit hoe die liggaam bestuur en geadministreer sal word.
Alle soewereine state in die wêreld is lede van die Algemene Vergadering. Deur die jare was daar ʼn paar uitsonderings, insluitend Suid-Afrika, toe die land uitgeskop was as gevolg van die land se interne rasse beleid. Israel was eers in 1948 as ‘ soewereine staat erken (wat drie jaar na die stigting van die Verenigde Nasie was) en het ʼn lid geword in Mei 1949. Palestina is nie ʼn volle lid nie, maar het slegs waarnemerstatus.
Die grootste rede vir die dominansie van die Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad, is omdat hierdie liggame die mag het om bindende besluite te neem oor internasionale veiligheid, en daarom, by implikasie, oor internasionale militêre optrede en invloed in die geopolitiek.
Maar vir prestasie meot 'n land teenprestasie lewer; dit is net regverdig.
Hierdie funksies is van kritieke ideologiese belang vir die regering van Suid-Afrika, vir die ANC en hulle ideologiese meelopers. Die ding is dit: Vir die ANC, daar is geen groter, of belangriker, beleid as buitelandse beleid nie. Dit is ondersheskik aan binnelandse beleid, doodenvoudig omdat dit die mees ideologies-gedrewe element van beleid is.
Die ANC sien ditself as ʼn internasionale speler. Dit is ʼn integrale deel van hulle identiteit, van hulle wese. Vir die ANC het die Koue Oorlog nog nooit tot ʼn einde gekom nie. Daar is steeds onafgehandelde strydslyne wat besleg moet word. Dit gaan oor die rewolusie, oor die wesenlike van die beginsels van die ANC. Dit is ʼn verlengstuk van die vryheidstryd. In praktiese terme gestel: Die Weste, en dan meer spesifiek die Verenigde State, moet nog verslaan word.
Meer as dit: ʼn Internasionale stelsel moet daar gestel word wat ideologieë soos Sosialisme, en selfs Kommunisme, maar veral Kritieke Rasse Ideologie en Diversiteit, Insluiting en Gelykheid normaliseer, en alternatiewe tradisionele Westerse waardes globaal verban. (Onthou asseblief dat, as ek na terme soos “diversiteit” en “gelykheid” verwys, doen ek dit nie in die begrip van waardestelsels nie, maar as ideologiese begrippe wat neerkom op “regstellende aksie” en, in die Suid-Afrikaanse begrip, “transformasie.”). Daar is nie "kommer" oor Oosterse ideologie nie; om twee primêre redes, naamlik, eerstens, omdat die Ooste nie met kolonialisme geassosieer word nie, en (tweedens) omdat die "Ooste", met spesifieke verywisng na Sjina en Rusland gesienw ord as "vriende" en nie "vyande" nie. Die Weste (kolonialisme) moet nog finaal verslaan word, en een meganisme om dit te doen, is om die dominasie van Westerse kultuur in hierdie lande te vernietig en te verplaas met 'n ideologie wat nie-Westerline nie net sal bevoordeel nie, maar eindelik die dominasie van sondige groepe in tradisionele Westerse lande sal verseker. Dit impliseer vernietiging van die "ideologie" van die "Weste."
Hiermee saam gaan die militêre en ekonomiese mag om hierdie ideologieë af te dwing op die grootste gedeelte van die wêreld, en dan spesifiek die deel van die wêreld wat saak maak vir die ANC, in terme van hulle ideologiese rewolusionêre stryd, naamlik Afrika en die Weste, maar veral die Verenigde State van Amerika. Indien die ideologie van rasse – en ekonomiese transformasie in die Verenigde State genormaliseer kan word, beteken dit dat dit ook in Suid-Afrika genormaliseer kan word, wat die verset van minderhede, en dan spesifiek Blanke Suid-Afrikaners, se verset teen “transformasie” wetgewing sal stilmaak. Dit sal finaal die Suid-Afrikaanse regering se rasse diskriminasie teen hierdie groepe legitimiseer; nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd.
Indien die ANC gelykwaardige seggenskap in die vernaamste besluitnemingsliggame van die Verenigde State kan kry, sal dit, tot ʼn mate, van hulle grootste internasionale vyande, en spesifiek die Verenigde State, neutraliseer. Die Verenigde State, en die Weste, sal waarskynlik steeds hulle militêre – en ekonomies mag gebruik om hulle vyande, en groot vriende van die ANC, soos Iran, Kuba en Venezuela te ondermyn, en die despotiese regerings van hierdie lande te beveg, maar dit sal internasionaal veel moeiliker wees, en dan verval op ʼn morele vlak, want elke keer as een van hierdie antagoniste militêr of deur ekonomiese sanksies wil optree teen Suid-Afrika se rewolusionêre vriende, sal Suid-Afrika sy veto-reg in die Verenigde Nasies gebruik om dit te probeer verhoed. Al kry hulle dit nie prakties reg nie, sal dit geweldige morele en internasionaal wetlike druk deur Suid-Afrika uitgeoefen kan word. Dit sal die internasionale status van die land geweldig verhoog.
Dit sal die ANC en sy ideologiese meelopers in staat stel om ʼn oogmerk te bereik vir lewensbelangrik is vir die oligargiese groep in hierdie kringe; iets wat hulle dikwels so belangrik ag, dat hulle dit stel bo alle ander oorwegings, en dit is reputasie (of dan, om dit blatant reguit te stel: Self- belangrikheid en internasionale aansien).
Die leiers van die ANC en ideologiese meelopers, soos die Ekonomiese Vryheidsvegters en die uMkhonto weSizwe Party, glo dat hulle onaantasbaar is, en oor onbetwisbare wysheid beskik. Die verval in Suid-Afrika word nie erken as hulle vernietigende ingrepe nie, maar as die voortdurende resultaat van Apartheid, veroorsaak deur die vyandigheid van Wit Suid-Afrikaners en die Weste, en as die gevolge van normale ekonomiese siklusse, en rampe buite hulle beheer, soos die Covid- pandemie. Meer as dit: Die verval oor die afgelope dertig jaar in Suid-Afrika word nie gesien as “verval” nie, maar as die “gevolge van ons eie sukses” en as die onvermoë van gewone Suid-Afrikaners om in te sien wat die ANC alles vir hulle gedoen en bereik het. Die elektrisiteitskrisis was nie gesien as die gevolge van ANC oneffektiwiteit nie, maar as veroorsaak deur snel ekonomiese groei wat die beskikbaarheid van energie verbygesteek het. Die verval in plaaslike owerhede word nie gesien as die mislukking van die ANC nie, maar as die massiewe uitbreiding van stede en dorpe wat so snel uitgerei het, dat dienslewering nie kon byhou nie. Met ander woorde, die ANC was die slagoffer van sy eie suksesse. Die oorskot wat nie op hierdie wyse verklaar kan word nie, word toegeskryf aan staatskaping - en verval onder Zuma, met die Ramaphosa regering wat voorgehou word as die "herstellers", wat regmaak wat gebreek was gedurende hierdie tydperk. Of dit word toegeskryf aan die vyandigheid van die VSA. In werklikheid, natuutlik, is dit doodgewoon voortgesette onbkwaamheid van die ANC-geleide regering en hulle grootkop leiersfigure.
Leiers in die uitgebreide vertakkinge van die ANC en die tentakels daarvan (die Ekonomiese Vryheidsvegters en MKP) het ʼn obsessie om soos Nelson Mandela behandel te word; dit is, met die allergrootste respek en agting. Hulle dring daarop aan om as internasionale leiersfigure gesien, en geag, te word. Dit is die rede waarom Trump se optrede teen die land se leiers, en spesifiek gedurende die G20 beraad wat verlede jaar in Suid-Afrika plaasgevind het, ongelooflike woede in die ANC en linkse “rewolusionêre” kringe veroorsaak het. Hierdie optrede het uiteindelik gelei tot die uitsluiting van Suid-Afrika uit die G20. Dit het gedring tot die wese van die self-persepsie van hierdie groepe. Moenie ʼn fout maak nie; daar is ongelooflike woede in die uitgeleide ANC kringe oor geopolitieke gebeure sedert Trump se verkiesing as Amerikaanse President, en dan spesifiek oor Trump se optrede wat gelei het tot die uitsluiting van Suid-Afrika uit die G20.
Daar is geen twyfel by my nie, dat die ANC verwag het dat ander lidlande van die G20 die “wysgeer” status van veral Ramaphosa, maar ook ander Suid-Afrikaanse leiers, moes aanvaar het, en met veel meer aggressie teen Trump, en die VSA, gereageer het as wat wel gebeur het nie. Hierdie lande moes Ramaphosa se grootsheid erken, aanvaar, en hulle soos een man agter hom geskaar het, teen Trump en die VSA.
Dat dit nie gebeur het nie, het die woede teen die Weste, en, as ʼn natuurlike perseptuele verlengstuk daarvan, Blanke Suid-Afrikaners, geweldig aangeblaas. Wees maar gewaarsku, Ramaphosa het byna sy humeur verloor gedurende sy antwoord op die Staat van die Nasie republiek in die Parlement toe die onderwerp van Swart Ekonomiese Bemagtiging aangeraak was, so emosioneel was hy daaroor. Daar is geweldige woede oor die verlies van aansien die afgelope twee jare, na Trump se verkiesing as Amerikaanse President. Ek weet nie wat gaan gebeur nie, maar dat die beleid rondom transformasie gebruik gaan word om hierdie gevoelens van woede en verlies aan status te kanaliseer na Blanke Suid-Afrikaners, en spesifiek Afrikaners, is verseker.
Die aangeleentheid was verder geaksentualiseer deur ʼn aantal geopolitieke gebeure wat afgespeel het na die afhandeling van die G20 sage. Dit sluit in die verwydering van die Venezuela diktator, Nicolás Maduro Moros uit sy pos deur Amerikaanse spesiale magte, die toenemende nederlaag van Rusland in die land se oorlog teen Oekraïne, en die geweldige druk wat die Verenigde State op die kommunistiese regime in Havana toepas, wat waarskynlik sal aanleiding gee tot die inploffing daarvan. As daar nou een regime is waaroor die ANC-kabaal besonder emosioneel voel, dan is dit Kuba.
En die belangrikste van alles: Die Israel teenoor Palestina konflik. Die ANC wil Israel ten alle koste aan die verloorkant van hierdie stryd sien; om die waarheid te sê, sal die eerste prys waarskynlik wees om Israel totaal vernietig te sien (Palestina, van die Rivier tot aan die See). Israel is nie slegs ʼn vyand van duie ANC se tradisionele vriende en bondgenote, die Palestyne nie, maar ook van Iran. En Israel is militêr geweldig magtig en, eintlik nog belangriker, effektief.
Dit is waar dat verskeie Europese state Palestina as ʼn staat erken het in die Verenigde Nasies, en sagte sanksies teen Israel ingestel het oor die dood en vernietiging in Gaza en die Wesbank. Maar dit is versigtige optrede, en daar is geen twyfel dat die inherente simpatie oorweldigend by Israel lê nie.
China is nie naastenby geopolities geïnvesteer genoeg in die Israeli-Palestynse oorlog om van veel hulp te wees, anders as die periodiese verdoeming van Israel nie. Rusland ook nie; en Rusland kan dit in elk nie bekostig nie, gegewe hulle eie probleme met Oekraïne. Sogenaamde sanksies teen Israel is skaars simbolies, laat staan nog wesenlik.
Al hierdie aangeleenthede is primêr geopolities van aard, of het hulle oorsprong en wortels in die geopolitiek. En dit het teen hierdie tyd reeds duidelik geword dat die ANC se groot hoop, naamlik China, nie die redding gaan bring waarop gehoop is nie. Aan die een kant het China waarskynlik, op hierdie stadium van die wêreld se geskiedenis, doodeenvoudig nog nie die militêre en ekonomiese kapasiteit nie. Ook, China se geopolitieke prioriteit, vir die medium termyn, is duidelik in Suid Asiatiese See. Een ding wat die ANC stiksienig weier om in te sien, laat staan nog te erken, is dat China nie ʼn tipiese Westerse Humanistiese-gedrewe ryk is nie. Sjina se optrede, en geopolitieke beleid, word bepaal deur Sjina se belange; en tans is dit in Sjina se belang om nie die Verenigde State te kwaad te maak nie, en om simpatie onder die ryk en magtige Westerse lande te soek. Afrika, en Suid-Afrika is skaars sekondêr vir Sjina; dit is feitlik totaal onbelangrik.
Daar is een manier waarop Suid-Afrika die rewolusionêre kamerade se internasionale status, en die land se geopolitieke invloed noemenswaardig kan verbeter, en dit is deur ʼn groter sê te kry in internasionale liggame, en dan spesifiek die Verenigde Nasies.
Hier is die ding: Suid-Afrika is reeds ʼn lid van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Maar die Algemene Vergadering is nie die kern van mag nie; die Veiligheidsraad is. Die Algemene Raad kan veiligheidsaangeleenthede bespreek, en aanbevelings maak aan die Veiligheidsraad oor moontlik militêre optrede of sanksies. Maar die werklike mag lê by die Veiligheidsraad, wat werklike optrede kan goed-of-afkeur. Geopolitieke mah lë in die Verenigde Nasies se Veiligheidsmag; of daarin om so magtig te wees, dat jy nie nodig het om jou aan die VN te steur nie. SA is nie ingesluit in laasgenoemde kategorie nie.
Vir ʼn oomblik, dink na hieroor. As Suid-Afrika ʼn permanente lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad kan word, kan die land enige voorgestelde militêre optrede of sanksies deur die Verenigde State, of Westerse land, insluitend Israel, teen, Iran, Kuba of Rusland veto. Net net dit nie, maar die land kan pro-Palestynse resolusies tot stemming bring, en permanent op die geopolitieke agenda plaas. Dit sal ook geld vir die aanvaarding van transformasie as ʼn globaal-aanvaarde norm en beleid. Addisioneel sal dit Suid-Afrika, en die land se leiers, op ʼn persoonlike vlak, internasionaal op ʼn veel hoër plato plaas. In ag genome die werklikhede van Suid-Afrika se huidige ekonomiese en militêre vermoëns, is dit die eerste prys vir ANC wysgere wat verstik in hulle eie belangrikheid.
Dit is sekerlik so dat die wêreld verander het sedert 1945, toe die wenners van die Tweede Wêreldoorlog die leiding geneem het in die stigting van die Verenigde Nasies. Die volgende lande het permanente lede van die veiligheidsraad geword, omdat hulle die ekonomiese en militêre mag gehad het om militêre en ekonomiese mag te onplooi ten einde die besluite van die Verenigde Nasies af te dwing.
So, hoekom moet die Verenigde Nasies se besluitnemingsstrukture en prosessies verander? Meeste lande in die wêreld het steeds nie die kapasiteit om betekenisvol tot vredesendings by te dra nie. Baie Afrikalande het hulle onafhanklikheid van koloniale moondhede verkry, maar kan in geen sin van die woord beskryf word as wêreldleiers. Hoekom hulle beklee met bevoegdhede wat die soewereiniteit van ander lande mag impakteer?
In Afrika konteks kan Suid-Afrika, Nigerië en Egipte gesien word as “groot moondhede”, maar die vergelykende voordeel verdwyn onmiddellik wanneer die internasionale arena betree word. ʼn Verdere nadeel, vir Suid-Afrika spesifiek, is dat die land se militêre vermoëns ineengestort het, van ʼn situasie wat dertig jaar gelede vergelykbaar sou mees met die van Israel, naamlik ʼn klein staatjie met ʼn buitengewone magtige Weermag, tot een wat nie militêr realisties vergelyk kan word met die van veel armer en minder ontwikkelde Afrika lande nie.
Hoekom dring jy daarop aan om sitting te hê op die leningsbesluite van die Internasionale Monitêre Fonds of die Wêreldbank indien jou land nie die ekonomiese en finansiële vermoëns het om noemenswaardig tot die kapitalisering van hierdie liggame by te dra nie? Hoe kan jy aandring op “voordelige leningsterme” as jou land nie noemenswaardig bydra tot die geld beskikbaar vir die finansiering van lenings of projekte nie? Wat tans gebeur, is die dat ʼn groep land met ʼn sin van “dit kom ons toe” daarop aandring dat die belastingbetalers van ander lande, die ryk lande van die wêreld, hulle moet finansier, op hulle voorwaardes.
Hier is die ding: As jy benadeel voel omdat jou land nie internasionaal kompeterend is op handel – of ekonomies gebied nie, neem die regte beleidsbesluite, werk slim en hard, en ontwikkel jou land tot die status van kompeterend, soos Duitsland en Japan gedoen het na die Tweede Wêreldoorlog. En moenie by my kom met ʼn argument oor die “Marshall”-plan nie; die ontwikkelingshulp wat Afrika uit die VSA en ander Westerse lande ontvang het sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog, oortref die monetêre waarde van die Marshall Plan menigvuldig. Die Marshall Plan het $13 miljard beskikbaar gestel vir die heropbou van Wes-Europa na die Tweede Wêreldoorlog (nie eksklusief vir Wes-Duitsland alleen nie). Dit is ongeveer gelykstaande aan US$140 miljard vandag. Sedert die Tweede Wêreldoorlog was ʼn bedrag van ongeveer 2,6 triljoen Amerikaanse dollars beskikbaar gestel aan Afrika vir ontwikkelingshulp. Dit is bykans 20 maal meer as die besteding aan die Marshall Plan.
Maar die wêreld het weliswaar verander sedert die Tweede Wêreldoorlog.
Kom ons veronderstel dit is nodig is om erkenning te gee aan die feit dat dit ʼn paar lande wêreldwyd is wat hoofsaaklik die operasies, ondersteuningsprogramme en vredesinisiatiewe van die Verenigde Nasies wêreldwyd finansier. ʼn Liggaam soos die Veiligheidsraad moet behou word om erkenning te geen aan die geopolitieke wanbalans aan mag en las. Na die Tweede Wêreldoorlog was dit Die Verenigde State, Sjina, Rusland (of dan, die voormalige Sowjetunie), die Verenigde Koningryk en Frankryk. Gegewe finansiële (of dan ekonomiese) en militêre vermoëns, behoort dit vandag te wees die Verenigde State, Sjina, Indië, Duitsland en Japan. Klink logies en goed vir my. Maar kom ons brei dit uit na die tien, in plaas van die huidige vyf. Dit sal dan wees Verenigde State, Sjina, Indië, Duitsland, Japan, die Verenigde Koninkryk, Italië en Brasilië. Klink regverdig.
Kom ons brei die argument uit om trans-nasionale liggame in te sluit. Dan sal dit wees die Verenigde State, Sjina, Indië, die Europese Unie en Japan.
Prentjiebron: 123RF



Comments