top of page
Afrikaans


Ek verwerp transformasie. Punt.
Blanke Suid-Afrikaners se kulturele goedere word opsetlik vernietig, en die groep (maar dan spesifiek Afrikaners) word openlik, en sonder skaamte, geteiken vir marginalisering. Ek ondersteun nie transformasie, soos dit in Suid-Afrika toegepas, en as die aanvaarde narratief bewoord word nie.

Frans Minnaar
3 days ago4 min read


AfriForum en Fakile Mbalula
Ek is teleurgesteld met AfriForum se nuuskonferensie, en hulle verslag getiteld die “Mbalula dossier.” Ek het gedink dit gaan handel oor beweringe, met tasbare bewyse, oor korrupsie waarby Mbalula betrokke was, en dan spesifiek die uitreiking van meer bewyse rondom Mbalula se “Kersfees-vakansie” in Dubai.

Frans Minnaar
4 days ago7 min read


Nasionalisme vs Patriotisme
Sogenaamde transformasie en regstelling in Suid-Afrika word gedryf deur nasionalisme, Swart nasionalisme, wat Blanke burgers uitsluit uit vele geleenthede en die reg op gelykheid in die land. Wat ek aan die begin van hierdie artikel aangevoer het, was dat Macron se begrip van nasionalisme is dat sommige rassegroepe opsetlik uitgesluit word, en nie as deel van die patriotistiese geheel gesien word nie. Dit is presies wat in Suid-Afrika gebeur. Blankes, en dan spesifiek Afrikaa

Frans Minnaar
Mar 203 min read


Die diskriminasie gaan nie verminder nie, dit gaan erger word
Ek is nie gekant teen 'n stelsel waar alle landsburgers gelyke regte geniet nie; ongeag hulle ras of demografiese kenmerke nie. Ek is gekant teen rassediskriminasie en uitsluiting gebrandmerk as "regstelling". Ek verstaan nie-Blanke Suid-Afrikaners se stryd teen rassediskriminasie wat hulle geteiken het. Ek is gekant teen diskriminasie teen Blanke Suid-Afrikaners.

Frans Minnaar
Mar 199 min read


Die probleem is beleid en implementering; nie net implementering nie
Suid-Afrika se beleidsrigtings is vernietigend, want is deurlopend geskoei op onwerkbare, ideologiese aannames en teorieë wat nog nêrens in die wêreld geslaagd was nie, en meestal die werklikhede van die jare 1970s en 80s weerspieël, en nie die jaar 2026 nie.

Frans Minnaar
Mar 184 min read


Die "Rooi Gevaar"
Die idee van die Rooi Gevaar, die bedreiging, was werklik, en is tans besig om te realiseer in die land. Dit is niks om mee te sport nie. Dit sou in die tyd van die Koue Oorlog vernietigend gewees het. Dit is tans vernietigend.

Frans Minnaar
Mar 126 min read


Grondwetlike Beskerming? Dit hang af van jou ras en kultuur
Die kern van ʼn Grondwetlike demokrasie is die beginsel dat ʼn (meestal geskrewe) Grondwet die mag van die staat beperk, en die regte van groepe, maar veral individue, teen magsmisbruik deur die staat beskerm. Die vraag wat in hierdie artikel gevra word, is of hierdie meganisme werklik die veiligheidsnet aan alle Suid-Afrikaners, op gelyke basis, bied wat gedurende die 1990-1994 oorgangsproses voorsien was?

Frans Minnaar
Mar 1121 min read


Paul O'Sullivan, Parlement and Rassisme
Paul O'Sullivan is 'n bombatiese grootprater. Hy het die Parlement geminag. Maar dit is nie asof die Parlement bestaan uit voorbeeldige protagoniste nie.

Frans Minnaar
Mar 515 min read


Die Strik
Die tyd het aangebreek vir minstens ʼn gesprek oor die toekoms van Afrikaners in Suid-Afrika, deur Afrikaners; binne die riglyne van die werklikheid soos dit is, en nie soos ons dit, teoreties en ideologies, graag sou wou sien nie. Nie 'n sogenaamde "Nasionale Dialoog nie" - dit sal net mooi niks goeds vir Afrikaners voortbring nie. En, persoonlik, glo ek nie so ʼn gesprek moet te veel aandag skenk daaraan om oplossings te probeer vind binne bestaande politieke en Grondwetlike

Frans Minnaar
Feb 2810 min read


Haatspraak (volgens die Suid-Afrikaanse definisie daarvan)
Die vertoon van die ou landsvlag is verban omdat dit met apartheid geassosieer word, terwyl die lied "Kill the Boer, Kill the Farmer" om dieselfde rede nie as haatspraak beskou word nie (die gunsteling argument van "'n vryheidslied". Tog was die twee sake veronderstel om onder dieselfde objektiewe regsreëls deur onpartydige howe beoordeel te word.

Frans Minnaar
Feb 257 min read


Reaksie op: Tim: Ek luister liewer na Clem Sunter as na dié konserwatiewe koor
Tim du Plessis was een van die wysgere wat Afrikaners oortuig het om FW de Klerk te volg. Vandag hammer hy steeds op dieselfde tema (en ideologie), ongeag die duidelik vernietigingende gevolge, die onontkenbare rasse - en kulturele diskriminasie waaraan Afrikaners onderwerp word. Net soos Theuns Eloff en vele ander "broeders van Wim de Klerk." Dit het tyd geword vir Afrikaners om hierdie "wysgere van die volk" te sien wat wie hulle is...

Frans Minnaar
Feb 221 min read


Psigologiese disassosiasie. Graaff-Reinet. Robert Sobukwe Town.
Die verandering van die naam daarvan na Robert Sobukwe Town is suiwer ʼn daad van magsbewys, van opsetlike revolusionêre retoriek. As die kamerade dink hulle het ʼn stekie ingekry; o, wel, die werklikheid is dat dit al jare lank in die nuus was, en ek het geweet dit gaan kom. Ek lag daaroor. Onthou psigologiese disassosiasie.

Frans Minnaar
Feb 184 min read


Rusland moet nie bewonder word nie
Wat my kwaad gemaak het vir Rusland, was die flagrante, skaamtelose inval in die Oekraïne in 2022. Vir my was dit tipies aan die Russiese ingesteldheid: Vergeet van die lot, die lyding, die vrese van mense; as ons die Oekraïne wil hê, sal ons dit vat, ongeag dood en vernietiging. Weereens was dit alles die gevolg van ʼn verdomde psigopatiese sterkman wat wil held speel; in hierdie geval Putin. En Rusland verkies hierdie paradigma. Minagting vir mense en hul lewens, hul vrese e

Frans Minnaar
Feb 1611 min read


John Steenhuisen, die DA en Dion George
John Steenhuisen het 'n Transformasie-agent geword. Hy is kwaad en ontnugter. In die proses (as 'n gevolg) het hy 'n risiko vir die DA geword; dit terwyl die DA self sit tussen die duiwel en die diep blou see; reageer hulle Regs, verloor hulle steun Links; reageer hulle Links, verloor hulle steun Regs. Dion George het die party se beeld van onkreukbaarheid laat kraak. Die twee faktore beperk die DA se politieke beweegruimte fundamenteel.

Frans Minnaar
Feb 1214 min read


Konformasie
Watter voordeel trek u uit u ondersteuning vir “die sterkste opposisieparty”? U steun het vir hulle ʼn paar Ministers poste verseker, wat hulle nou nie gebruik om u omstandighede te verbeter nie, maar om die Blou Ligte te beskerm, om Afrikaans in onderwys te vernietig, om teen boere te diskrimineer op grond van ras, om skielik onteiening sonder vergoeding te regverdig. Dit lyk self vir my asof hulle deesdae geesdriftige ondersteuners is van die vernietiging en verwydering van

Frans Minnaar
Jan 227 min read


Vergeet van die Liberaliste; wees bekommerd oor die Linkses
Die vyand is nie die liberalisme nie. Mense verstaan die begrip “liberalisme” dikwels verkeerd. Die begrip word dikwels verstaan as die verval gemeenskapswaardes, en dan spesifiek religieuse geloof, sowel as Sosialisme as ʼn ekonomiese stelsel en grootskaalse inmenging van die staat in die sake van die burgery, besigheid en gemeenskappe.

Frans Minnaar
Jan 224 min read


Die Israeli chargé d’affaires
Die Kamerade irriteer my verskriklik, veral met tye. Nou het hulle weer gegaan en die chargé d’affaires van die Israeli ambassade in Suid-Afrika (Ariel Seidman) tot persona non-grata verklaar en hom 72 uur gegee om die land te verlaat.

Frans Minnaar
Jan 2110 min read


Wat wil bereik word?
Kan iemand asseblief vir my veruidelik: Behalwe on Blou Ligte te bekom, wat wil die Vryehdisfront Plus en die DA (en selfs AfriForum) nou eintlik bereik?

Frans Minnaar
Jan 1413 min read


Ouma
Ouma het deur haar besluite en optrede in reaksie op die haat wat uit die Boereoorlog gespruit het, die toekoms van haar nasate (en die van haar geliefde Afrikanervolk) in haar geliefde Suid-Afrika beduiwel.

Frans Minnaar
Dec 18, 20257 min read
bottom of page