top of page

Haatspraak: Die dubbele standaarde

Soos ek verwag het, was die Afrikaanse propagandistiese kanaal vir die Nasionale Demokratiese Rewolusie, ook genoem Radio Sonder Grense, in volle skade-beheer model na die ontmoeting tussen Donald Trump en Ramaphosa die vorige dag in die Withuis. Ek verwys spesifiek na die video wat Trump gedurende die geleentheid gespeel het.

New York Post, YouTube kanaal

Die geïmpliseerde “verdediging” van Ramaphosa, en die demonisering van Trump, was dat ʼn Suid-Afrikaanse hof die "Kill-the-Farmer" lied verklaar het as nie-haatspraak nie. Daarom was Trump verkeerd, en het hy waninligting versprei oor wat in Suid-Afrika aangaan. Toe kry die Afrikaanse propagandistiese kanaal vir die Nasionale Demokratiese Rewolusie (RSG) 'n lojale ideologiese kader om die uitspraak nou mooi te kom verduidelik, sodat opstandige Afrikaners wat onder rassistiese uitsprake en plaasgeweld deurloop, tot bedaring moet kom, en oortuig kan word van die wetlike objektiwiteit van die land se howe; ene Annemarie Vos, voormalige regter in die Appèlhof.

Spektrum 22 Mei 2025 (mp3cut

Bron: RSG Uitsending van die Program Spektrum op 22 Mei 2025


Ek haal Artikel 16 van die Grondwet hieronder aan:


Vryheid van uitdrukking

16. (1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is–

(a) die vryheid van die pers en ander media;

(b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;

(c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en

(d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.

(2) Die reg in subartikel (1) omvat nie–

(a) propaganda vir oorlog nie;

(b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of

(c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.

Volgens die geagte De Vos, het die howe die beginsel gevestig dat die vryheid van spraak gehandhaaf en eerbiedig moet word, selfs in omstandighede van uiterste radikale uitsprake.

Nou wil ek spring na ʼn ander geval, en dit is die einste Appelhof, wat die vertoon van die Ou Suid-Afrikaanse vlag as onwettig verklaar het. In die saak van Afriforum NPC v Nelson Mandela Foundation Trust, het die hof die sing van die lied “Kill the Boer, Kill the Farmer” verklaar as nie haatspraak nie, maar dat die vertoon van de landsvlag dit wel is (Afriforum NPC v Nelson Mandela Foundation Trust and Others).

Wat my terugbring na De Vos se argumente.

Volgens haar moet die reg op vryheid van spraak moet eerbiedig word, selfs in gevalle van radikale uitsprake. So, vergelyk gerus die woorde van “Kill the Boer, Kill te Farmer” met die vertoon van die ou landsvlag:

Woorde van "KIll the Boer, Kill the Farmer":

"The cowards are scared

shoot shoot

the cowards are scared

shoot shoot

shoot the Boer

shoot shoot

shoot the Boer

oh mother

shoot the Boer

shoot shoot

shoot the Boer

these dogs are raping

shoot shoot

these dogs are raping

shoot shoot

shoot the Boer

the cowards are scared

shoot shoot"

(Bron: Webwerf van die Vryheidsfront Plus).

Die ou landsvlag:

ree

Daar is enekele uitsonderings op die beginsel van vryheid van spraak, ingeskry in Artikel 16 van die Grondwet. Ek verwys spesifiek na die volgende twee:

(b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of

(c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.

Watter een van die, die lied Kill the Boer, Kill the Farmer, hits dreigende geweld aan, verkondig haat wat op ras en etnisiteit gebasseer is?

Nou is De Vos se regsargument dat die toets vir haatspraak nie bloot die woorde is nie, en ook nie eens hoe diegene "aan die ontvangskant daarvan" dit ervaar nie, maar of daar bewys kan word dat dit hierdie groepe fisies in gevaar plaas.

So, watter een van die twee, die woorde van "Kill the Boer, Kill the Farmer" het minstens die potensiaal om geweld teen spesifieke rasse - en etniese groepe in die land aan te moedig? Dit is uiters moeilik om te bewys dat die sing van die lied in spesifieke gevalle bygedra het tot plaasaanvalle, of ander ras-gebaseerde geweld, maar daar is 'n sterk moontlikheid. Dit is hoogs onwaarskynlik dat die vertoon van die ou landsvlag geïnterpreteer kan word as aanmoediging van geweld teen enige etniese of rasse-groep.

In die saak van AfriForum v Economic Freedom Fighters and Others (May 2024) was die hof se uitspraak was volg:

On the main issue on appeal, the SCA held that the reasonably well-informed person would appreciate that when Mr Malema sang Dubula ibhunu, he was not actually calling for farmers, or white South Africans of Afrikaans descent to be shot. Nor was he romanticising the violence exacted against them in farm attacks, as contended by AfriForum. The reasonably well informed person would understand that Mr Malema was using an historic struggle song, with the performance gestures that go with it, as a provocative means of advancing his party’s political agenda. Understood in its full context, it was a form of political speech. Even if Mr Malema’s performance of Dubula ibhunu may be regarded by some people to be shocking or even disturbing, the Constitution required a measure of tolerance. The Court held that what Mr Malema was doing was no more than exercising his right to freedom of expression, which was protected under s 16 of the Constitution. He was doing so in the course of participating in the activities of, and campaigning for, the political party of which he was leader, which rights are protected under s 19(1)(a) of the Constitution. The same reasoning applied in respect of Dr Ndlozi regarding Shisa lamabunu. In the result, the SCA appeal was dismissed.

Hoe op dees aarde; hoe op dees aarde, kan enigiemand tot die gevolgtrekking kom dat die "redelike man" Julius Malema se sing van die lied "Kill te Boer, Kill the Farmer", nie opruiende spraak tot rasse-haat is nie, veral gegewe die agressie en opruiming daar gewoonlik daarmee gepaardgaan?

Maar, nietemin, vergelyk dit met die uitspraak van die hof in die landsvlag-saak:

Volgends die uwe De Vos, kan die uitspraak van die hof dat die sing van die lied “Kill the Boer, Kill the Farmer” nie haatspraak is nie, terugherlei word na Artikel 16 van die Grondwet.

The SCA concluded that the gratuitous public display of the old flag … constitutes unfair discrimination as envisaged in s 7 of the Equality Act on the grounds of race.
The gratuitous public displays of the old flag also constitute harassment within the meaning of s 11 of the Equality Act, because it seriously demeans, humiliates and creates a hostile and intimidating environment for the victims of apartheid.

Ek verstaan dat die vlag-saak gevoer was onder die sogenaamde “Gelykheidswet” (wat, op beste, ook maar niks anders as ideologiese eensydige bepalings bevat) gevoer was, en die “Kill the Boer, Kill the Farmer”-saak onder Artikel 16 van die Grondwet.

Maar die vergelykbare nuanses is onmiskenbaar, wat bevestig word in die hof se uitspraak:

The Court rejected Afriforum’s argument that the display of the old flag was protected by section 16 of the Constitution as the protection expressly excludes hate speech: as the Court had found that gratuitous displays of the old flag constituted hate speech, such displays were therefore not protected speech under section 16.

Columbia University, Gloabl Freedom of Expression


Die howe het, in twee uitsprake, die lied “Kill the Boer, Kill the Farmer” verklaar as nie haatspraak nie, en die blote vertoon van die ou landsvlag as haatspraak.

In die vlag-saak het die hof tot die gevolgtrekking gekom dat:

The Court held that gratuitous displays of the old flag constitutes harassment under section 11 of the Equality Act as “displaying the Old Flag in the face of most South Africans knowing that they recoil from it can only constitute harassment.” [para. 192] It also held that displays of the old flag would constitute unfair discrimination as it “propounds racial superiority and promotes racial exclusivity.” [para. 195]
The SCA found that any gratuitous public display of the old flag satisfies the requirement of promoting and propagating hatred as envisaged in s 10(1) of the Equality Act. It is extremely degrading and dehumanising to those who suffered under apartheid. It exposes them the racial bigotry, detestation and vilification, and inspires hatred and extreme ill-will against them.

Columbia University, Gloabl Freedom of Expression


Met ander woorde, by implikasie, dit was genoegsaam om te verklaar dat die aanname (veronderstelling) dat die vertoon van die ou landsvlag ervarings van perseptuele geweld by sommige rasse - en entniese veroorsaak, 'n uitstpraak van "haatspraak" regverdig - maar sonder om dit te verklaar in bewysbare "gevalle" (iets wat, volgens De Vos, gemis was in die "Kill the Boer" - saak).

Maar was die uwe De Vos se primêre argument nie juis dat die toets bewysbare gevalle van misdaad veroorsaak deur opsweping is, en nie die veronderstelling van moontlike ervarings van bedreigings nie?

Die uitspraak in die landsvlag-saak:

Daarteenoor was die aanname wat deur die Appèlhof gemaak wat, dat ʼn lied wat, in soveel woorde geweld teenoor Suid-Afrika se Blanke boere aanmoedig; 'n groep wat inderdaad onder wreedaardige plaasaanvalle deurloop, se persepsies van werklike bedreiging nie genoegsaam is om dit haatspraak te maak nie?

Hier is die onderskeid:

Die vertoon van die ou landsvlag is verban omdat dit met apartheid geassosieer word, terwyl die lied "Kill the Boer, Kill the Farmer" om dieselfde rede nie as haatspraak beskou word nie (die gunsteling argument van "'n vryheidslied". Tog was die twee sake veronderstel om onder dieselfde objektiewe regsreëls deur onpartydige howe beoordeel te word. In praktyk was die toets is nie werklik Artikel 16 van die Grondwet nie, maar geskiedkundige perspektief en ideologiese beoordeling. Die vraag is dan: Is historiese beoordeling en ideolgie aanvaarbare "regsbeginsels" om onderskeid in uitsprake te regverdig - en bewyslas te kwalifiseer?

Indien wel, impliseer dit gebrekkige beskerming onder die beginsels van Grondwetlike gelykheid en die Oppergesag van die Wet; wat dan op grond van historiese en ideologie assosiasie gedefinieer word. Onder sulke omstandighede kan die vraag tereg gevra word of President Trump se aansprake van volksmoord in Suid-Afrika werklik so vergesog is?

Daarom is die enigste oorblywende alternatief om die wesenlike risiko veroorsaak deur die aanhitsing tot geweld deur dit onder die aandag van wêredleiers te bring:


Bronne geraadpleeg:

Afriforum NPC v. Nelson Mandela Foundation Trust

21 April 2023

Global Freedom of Expression, Columbia University


The Supreme Court of Appeal of South Africa

Media summary of judgment delivered in the supreme court of appeal

From:    The Registrar, Supreme Court of Appeal -- Date:  21 April 2023

Afriforum NPC v Nelson Mandela Foundation Trust and Others (Case no 371/2020) [2023] ZASCA 58 (21 April 2023)


The Supreme Court of Appeal of South Africa

Media summary of judgment delivered in the supreme court of appeal

From: The Registrar, Supreme Court of Appeal - Date: 28 May 2024

AfriForum v Economic Freedom Fighters and Others (1105/2022) [2023] ZASCA 82 (28 May 2024)


Comments


Frans Minnaar © Copyright. 2025-2026. All right reserved.

Use this website in terms of the legal notes regulating is (Terms of Use). If you do not agree with these terms, please leave and do not use the site.

South African legislation requires that specific privacy requirements must be guaranteed in the use of this website. Thee website's Privacy Policy can be access by clicking on the link below.

bottom of page